
=====================================================================
Luister na stem van ware identiteit (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Luister na stem van ware identiteit

Ek wou nog altyd met woorde werk. Net soos my neef Gideon van kleins af vir my ges het hy wil  hy sl  eendag op sy pa se plaas boer. S 
het ek geweet dat my toekomstige bestaan iets met skryf te make sal h.

Die feit dat ek in 'n huis met twee joernaliste-ouers, vragte diverse publikasies en driftige debatvoering grootgeword het, het natuurlik 
gehelp om hierdie skryflus aan te wakker. Die gevolg was 'n loopbaan wat in die joernalistiek begin het en uitgebrei het tot die skakel- en 
kommunikasiewese, wat soos eersgenoemde maar wentel om skryf.

Elkeen wat van kindsbeen af wil skryf, wil egter, glo ek, 'n storie skryf. Dan, met die verwaandheid van mens se prille jeug, en 'n ego 
gestimuleer deur 'n paar gepubliseerde stukke in skool- en universiteitskoerante, verander die drang om 'n storie te skryf in 'n begeerte 
om te streef na die Heilige Graal in jou wreld van woorde: die boek.

Daar is baie drange in 'n mens se lewe. Maar daardie wil om iets te skryf wat in boekvorm gepubliseer word, is myns insiens een van die 
onverklaarbaarste van alle drange. Maar hy's daar.

Die drang pak jou soos baie ander luste. Op onverwagte tye. In verskeie vorme. En soos met alle luste, probeer jy hom blus deur hom te 
voer.

Toe hierdie lus my oorweldig, het ek instinktief opgetree. En dit was om in  en ek gebruik die formele term  my eerste taal te skryf. Dit 
was Engels.

Ek is as sesjarige saam met my (Afrikaanssprekende) ouers na Londen. Al probeer jou ouers hoe hard, kan vier jaar in Engelse skole, met 
Engelse vriende en Engelse TV en Engelse radio maar onsimpatiek werk met 'n mannetjie se gewilligheid en vermo om Afrikaans te praat. Die 
gevolg hiervan was dat, toe ek na Kaapstad terugkeer, my Afrikaans nie-bestaande was. Behalwe die gebrek aan 'n Afrikaanse woordeskat, sou 
my uitspraak vir Tony Leon na Koos du Plessis laat klink het.

Hoewel ons weer Afrikaans in die huis begin praat het, is my skoolloopbaan in Engels afgehandel. So ook my universiteitsopleiding. Hoe het 
ander my gesien? Die weermagkorporaals se beskrywing van "daai lang Soutp..l met die brille" s seker genoeg. Ek het maar my identiteit as 
so iets aanvaar, hoewel ek sedertdien kontaklense ontdek het.

Ek het by Die Burger gewerk omdat ek as pasgegradueerde joernalis daar 'n pos kon kry, hoewel my kollegas, veral die kunsredaksie, moes 
bontstaan om die basiese beginsels van Afrikaansskryf by my in te hamer.

Tog, wat kreatiewe ambisies betref, was die verwysingsveld hoofsaaklik Engels. Al die goeie flieks was Engels, en as jy 'n draaiboek sou 
skryf, was dit nie 'n kwessie van met watter taal jy sou verkies om Hollywood storm te loop nie. Die wreld se beste rock- en popmusiek  
my hoofbron van inspirasie  is Engelstalig. En wat boeke betref, was my invloede Ernest Hemingway, Jack London, Jay McInerney, Richard 
Ford, Evelyn Waugh en Thomas McGuane.

Selfs my grootste gunsteling onder Suid-Afrikaanse skrywers, Herman Charles Bosman, het in Engels geskryf.

Dus, toe ek oorval word deur hierdie onverklaarbare, ondempbare, verskriklike drang om n die boekdaad te pleeg, was Engels die instrument 
wat als moontlik sou maak.

Die stories was daar. En danksy jare se Engels gesels en skryf en lees  veral lees  moes die woorde tog ook daar wees, of hoe?

Ek was egter nie voorberei op die eise wat hierdie proses sou stel nie.

Die belangrikste element in die skryfproses, vir my, het my steeds ontwyk: 'n stem. Daardie stem moet al die elemente saamsnoer en lei tot 
jou gepubliseerde, gedrukte hartsbegeerte.

Ek het al baie joernaliste en skrywers hoor saamstem dat die bevredigendste deel van die hele skryfproses die gevoel is wat jy kry as jy 
wt die sinne of paragrawe wat jy pas geskryf het, voel net reg. In die fliek Tin Cup praat Kevin Costner, met verwysing na 'n korrek 
uitgevoerde gholfhou, van "feeling a tuning fork in your loins". Jy voel dit soms as jy skryf: Jou gedagtes en jou woorde val soos 
strooisuiker op 'n varsgebakte oliebol. Als pas, jou gemoed lig en die wreld lyk na 'n beter plek.

My gedagtes, naamlik kortverhale, kon egter aanvanklik glad nie in hierdie gevoel omgeskep word nie.

Die slim literatore s skryf is 'n proses van openbaring, en hulle is reg. Die persoonlike, intieme nabyheid van skryf wou my nie toelaat 
om my werklike stem te ignoreer nie. Blaaie is opgefrommel, sigarette is warm getrek. 'n Gefrustreerde klap het my rekenaar in die 
blikbreinkliniek laat beland.

Maar toe haal ek asem. Ek hoor daardie stem. Die stem wat jou aan identiteit en eerlikheid en sulke dinge laat dink. Wie en wat jy is. Die 
stem wat die skryfproses op dreef sou kry, al skop jy hoe hard daarteen. En ek was werklik bly om dit, n al die jare, te hr.

Die eerste storie is toe in Afrikaans vertel. Emile Joubert, kommunikasiepraktisyn, rubriekskrywer en die outeur van 'n debuut-
kortverhaalbundel, Die Aptyt van Anna Blow.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7424.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

